© 2018 CMP. Proudly created by HEADLIGHT

Dinkie is ’n olifant uit Afrika. Haar familie woon in Asië. Sy is altyd besig om oor dinge na te dink en probleme op te los. Probleme is haar kos! Almal vra altyd vir haar om te help dink as hulle probleme het.

Hulle vra ook vir haar om te help as hulle inligting moet versamel of antwoorde op moeilike vrae soek. Dinkie is altyd besig met een of ander brein-speletjie.

Die dink-skattejagte laat Dinkie dink, redeneer en moeilike probleme oplos.

Dinkie is soos koning Salomo, wat ’n baie wyse koning was en diep nagedink het oor dinge. Hy het ook die spreuke in die boek Spreuke versamel en plante en diere bestudeer (1 Konings 3).

Abigail was ’n wyse vrou wat slim planne kon maak (1 Samuel 25) en Debora was ’n dapper, wyse vrou by wie almal raad gevra het (Rigters 4).