© 2018 CMP. Proudly created by HEADLIGHT

Doenie is ’n jaguar uit Suid-Amerika. Hy is altyd besig! Hy hou daarvan om dinge uitmekaar te haal en weer aanmekaar te sit. Hy is altyd besig om iets te bou of reg te maak. Sy hande staan vir niks verkeerd nie. Hy wil altyd self kyk hoe iets werk. As hy iets nie kan regmaak nie, dink hy ’n ander plan uit. Dis maklik om hom raak te sien. Hy is die een met die gereedskapskis.

In die doen-skattejagte is hy altyd besig om mense aan die woel en werskaf te kry.

Doenie is soos Besaleël, wat gehelp het om die tabernakel te bou. Die Bybel sê hy kon enige werk doen (Eksodus 31:1-5).

Akwila en Priscilla was goeie tentmakers, net soos Paulus (Handelinge 18). Hulle het ook graag vir mense van Jesus vertel.