© 2018 CMP. Proudly created by HEADLIGHT

Groenie is ’n wildsbok met familie oor die hele wêreld. Groenie hou daarvan om in die buitelug te wees en sy dra altyd haar verkyker en vergrootglas saam. Sy hou baie van God se skepping! Sy versamel klippe, probeer plante se name leer en bekyk insekte en voëls. Snags kyk sy na die sterre. Groenie weet dat haar buitelug-skattejagte haar help om God te aanbid, want Hy het alles gemaak wat sy sien.

Groenie is soos Johannes die Doper. Hy het in die woestyn gebly en kos geëet wat hy in die veld gekry het (Matteus 3:1-4). Party Psalmdigters het gesing van die wonderlike wêreld wat God gemaak het en God geloof daarvoor (Psalm 96, 104 en 148).