© 2018 CMP. Proudly created by HEADLIGHT

Hartie is ’n beer uit die noordelike halfrond. Hy is die een wat met sy gevoelens op sy mou rondloop. Jy weet altyd wat in sy kop aangaan! Hy vra ook die hele tyd: “Hoe voel jy?”

Hartie gee graag drukkies vir sy vriende. Hy verstaan sy gevoelens. Hy weet wanneer hy bly is, asook wanneer hy hartseer, kwaad of bang is. Wanneer hy die stories van die Bybel lees, wonder hy altyd hoe almal in die storie gevoel het.

In die gevoel-skattejagte gaan hy dink en praat oor hoe hy oor dinge en gebeurtenisse voel.

Hartie is soos Barnabas (Handelinge 4:36-37, 11:22-30 en 13:43). Barnabas het mense graag moed ingepraat en gehelp. Hy het verstaan wanneer hulle bang of moedeloos was.

Tabita (Handelinge 9:36) was ’n baie gawe vrou. Sy was altyd besig om mense te help. So het sy mense gewys dat God lief is vir hulle.