© 2018 CMP. Proudly created by HEADLIGHT

Pratie is ’n apie en het ook familie oor die hele wêreld. Hoe weet jy Pratie is naby? Jy hoor ’n gepraat. Jy hoor hom lank voor jy hom sien. As hy nie iets bespreek nie, lees hy hardop vir die ander. Hy vertel ook graag stories. Al wat hy wil hê, is dat al die Weggies die Bybel lees. Hy­wil hê hulle moet

die stories daarin onthou en daaroor­ gesels.

Praat-skattejagte help Pratie om nuwe dinge te leer, want dit gee hom kans om met sy vriende te gesels.

Net soos Pratie het Paulus graag met mense gepraat en geredeneer oor sy geloof. Hy het sy lewe lank die goeie nuus oor Jesus verkondig en briewe geskryf sodat al Jesus se volgelinge kon weet hoe om te lewe.

Moses se broer, Aäron, was ook iemand wat goed was met woorde (Eksodus 4).