© 2018 CMP. Proudly created by HEADLIGHT

Samie is ’n seekoei uit Afrika. Samie sê die hele tyd: “Kom saam!” Sy hou van partytjies en spanwerk en kuier. Sy maak altyd die ander Weggies bymekaar om te leer, te speel en te deel. Sy maak maklik vriende en sy help haar vriende om saam te werk.

Sy leer die beste wanneer sy deel is van ’n vriendeskattejag en dinge saam met ander mense doen.

Samie is soos Petrus. Oral waar Petrus gekom het, het hy mense om hom versamel en hulle vertel van Jesus. Hy het met groot skares mense gepraat en hulle aangemoedig om deel te word van die kerk. Hy het selfs mense wat nie Jode was nie, genooi om deel te word van die kerk (Handelinge 10).