© 2018 CMP. Proudly created by HEADLIGHT

Sel­fie is ’n tier uit Asië. Hy is altyd besig om sy dagboek te lees of daarin te skryf. Hy hou daarvan om nuwe dinge te leer en projekte te doen. Hy werk ook graag alleen. Sel­fie hou daarvan om doelwitte te hê. Lees help hom om homself en sy wêreld beter te verstaan. Al hou hy daarvan om alleen te wees, is hy vriendelik. Hy gee nie om om alles wat hy leer vir ’n vriend te vertel nie.

Jy sal baie dinge ontdek op Sel­fie se nadink-skattejagte.

Sel­fie is soos Maria, Jesus se ma. Sy het nagedink oor alles wat die engel haar vertel het en dit in haar hart gebêre. Sy het vertrou dat God se plan vir haar lewe goed is (Lukas 1 en 2).

Dawid en die ander Psalmdigters was ook mense wat diep nagedink het oor dinge.