© 2018 CMP. Proudly created by HEADLIGHT

Sienie is ’n meerkat van Suid-Afrika. Sy draf vinnig deur die veld. Sy het altyd ’n verfkwas in een hand en papier in die ander hand. Sy sien die hele tyd prente wat sy wil teken en projekte wat sy wil doen. Sy het heelwat vrolike bont prente, kaarte en diagramme.

Kyk-skattejagte help Sienie om te leer deur na dinge te­ kyk en te wys wat sy sien.

Sienie is soos Hiram. Hy het al die kunswerk van koning Salomo se tempel ontwerp en gemaak. Hy het byvoorbeeld 400 klein granaatjies uit brons gemaak (1 Konings 7:13-51).